Local newsNewsNews

Brandweer kom op lyk af na brand

Die lyk van 'n man is gisteraand (Maandag, 11 September) na die brand by De Beers Meubels binne die winkel gevind.

Die lyk van ‘n man is gisteraand (Maandag, 11 September) na die brand by De Beers Meubels binne die winkel gevind.

Volgens NW polisiewoordvoer, Lt. kol Amanda Funani het polisie ‘n geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur, nadat ‘n man vermoedelik in sy 40’s se lyk op die toneel gevind is.

Die lyk van die man is nog nie geidentifiseer nie.

“Dit is nog onduidelik hoe die brand ontstaan het en polisie ondersoek tans die saak,” noem sy.

Die Brandweer het op die man se lyk in die winkel afgekom terwyl hulle die brand geblus het.

Die brand het gister by De Beurs Meubels net na 20:00 uitgebreek.

Christiaan Haefele, operasionele bestuurder van Mooirivier Beskerming, noem dat hul reaksielede en First Responder op die toneel was en die brandweer ontbied het.

Die brandweer is teen 20:05 ontbied toe die gebou in vlamme opgegaan het. Die brand is teen 21:05 geblus.

*Die Herald sal die storie opdateer sodra daar nuwe inligting verkry word. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button