Brandweer kom op lyk af na brand
Die lyk van 'n man is gisteraand (Maandag, 11 September) na die brand by De Beers Meubels binne die winkel gevind.

Die lyk van ‘n man is gisteraand (Maandag, 11 September) na die brand by De Beers Meubels binne die winkel gevind.
Volgens NW polisiewoordvoer, Lt. kol Amanda Funani het polisie ‘n geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur, nadat ‘n man vermoedelik in sy 40’s se lyk op die toneel gevind is.
Die lyk van die man is nog nie geidentifiseer nie.
“Dit is nog onduidelik hoe die brand ontstaan het en polisie ondersoek tans die saak,” noem sy.
Die Brandweer het op die man se lyk in die winkel afgekom terwyl hulle die brand geblus het.

Christiaan Haefele, operasionele bestuurder van Mooirivier Beskerming, noem dat hul reaksielede en First Responder op die toneel was en die brandweer ontbied het.
Die brandweer is teen 20:05 ontbied toe die gebou in vlamme opgegaan het. Die brand is teen 21:05 geblus.
*Die Herald sal die storie opdateer sodra daar nuwe inligting verkry word.