Local newsNewsNews
Twee voertuie bots op Promosa-pad
Toe nooddienste op die toneel arriveer was die bakkie half met sy agterwiel bo-op die motorvoertuig.
Twee voertuie was vanmiddag omstreeks 14:15 in ‘n motorongeluk op die Promosa-pad betrokke.
Toe nooddienste op die toneel arriveer was die bakkie half met sy agterwiel bo-op die motorvoertuig. Dit is nog onseker presies hoe die ongeluk plaasgevind het.
ER24 en Mooirivier Beskerming First Responder was op die toneel. ER24 vervoer drie insittendes met geringe beserings na ‘n plaaslike hospitaal.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



