SportSport

Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan vier sege teen Grey Kollege

Righardt Joubert met ‘n puik 85 (65 balle) het besluit om aanval as die beste vorm van verdediging te gebruik

Met die telling op 118/8 was Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan sterk op pad om die knie te buig teen Grey Kollege gister (Sondag, 17 September) op die Gimmie-Oval.

Righardt Joubert met ‘n puik 85 (65 balle) het besluit om aanval as die beste vorm van verdediging te gebruik en met hulp van die nommer 10-kolwer, Stefan Fourie se 53* (64) en nommer 11-kolwer Margeo Joubert (28* van 30 balle) kon hul daarin slaag om 263/9 in 50 boulbeurte aan te teken.

Hierdie laer kolforde heldedade het seker gemaak dat Gimmies hul guts wys en terselfdertyd Grey Kollege se moed laat sak.

Foto’s: Wouter Pienaar

Gimmies se boulers het daardie momentum behou Grey vir 192 in 46.3 boulbeurte uitgeboul. Sodoende behaal hulle ‘n 71-lopie oorwinning.

Zavier van Rensburg (3/20) vanaf 4 boulbeurte, Marnu Cronjé (1/32) vanaf 10 boulbeurte en Phillip du Plessis 2/25 vanaf 7.4 boulbeurte was Gimmies se uitstaande boulers.

Gimmies se o.15A krieketspan kom ook baie naby om Grey Kollege se o.15A span te klop en verloor met slegs 21 lopies by Witrand.

Gimmies se Lukas Kotze slaan ‘n briljante 106 (109) om amper sy span na ‘n oorwinning te neem. Jahndré Coetzee dra ook 30 (44) by, maar Gimmies beleef ‘n middelorde kolfineenstorting en is almal uit vir 186. Vyf van Gimmies se kolwer is vir 0 uit. Jano Venter (3/27) skitter vir Grey Kollege met die bal.

Vroeër het Gimmies se boulers vir Grey Kollege tot 207 almal uit beperk. Thlone Thabatha met 3/21 Bennet Keet (2/36) en Ruhann Steenkamp (2/37) neem kritieke paaltjies. Wian van den Berg met 39 maak die meeste met die kolf vir die besoekers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button