Jannie du Toit laat leef Margaretastraat by Aardklop vanjaar
Jannie du Toit, beroemde Suid-Afrikaanse sanger en skrywer, betree Potchefstroom se Konservatorium verhoog vir die eerste keer sedert 2019. Jannie was deel van die eerste Aardklop fees in 1998, en was van toe af by bykans elke fees. “Ek is dankbaar en opgewonde om weereens deel te wees van die fees,” sê Jannie. Musiek en …

Jannie du Toit, beroemde Suid-Afrikaanse sanger en skrywer, betree Potchefstroom se Konservatorium verhoog vir die eerste keer sedert 2019.
Jannie was deel van die eerste Aardklop fees in 1998, en was van toe af by bykans elke fees. “Ek is dankbaar en opgewonde om weereens deel te wees van die fees,” sê Jannie.
Musiek en die Afrikaanse taal is diep liefdes vir Jannie. In 1981/82 het Jannie musiekaande by sy Pretoria-huis in Margaretastraat aangebied. Koos Doep, Lucas Maree, Coenie de Villiers, Anneli van Rooyen, Janita Claassen, en Marietjie Stoop was besoekers by hierdie aande.
Hierdie jaar stel Momentum Beleggings Aardklop en Jannie sy splinternuwe produksie ‘Margaretastraat’ bekend. Die produksie blaas lewe in die legendariese musiekaande van die tagtiger jare in, onderleiding van Jannie en die begaafde pianis, Chanie Jonker. Maak jou oë toe en ruik die Jakarandas in die lug. “Dis ‘n nostalgiese ding,” bevestig Jannie.

Jannie gesels oor die Konservatorium waar die produksie aangebied gaan word en deel sy opgewondehnheid. “Dis ‘n wonderlike klavier, ‘n wonderlike ouditorium. Dit sal wonderlik wees as mense dit weer op groot skaal ondersteun.” Tydens die produksie gaan Jannie die gewilde Musiek en Liriek ook besoek, en hoop om jong Afrikaanse sangers en musiekskrywers te bereik. Jannie lê klem op die volgende, “Gaan bestudeer akkoorde, leer by klassieke mense, jazz mense, leer van nuwe akkoorde, kyk hoe akkoorde en ritmes saam taal deel word van wat jy elke dag ervaar, dit gaan die verskil maak.”
Jannie het in 1980 vir die eerste keer in Potchefstroom opgetree, en voeg by dat sy kitaarspel oor die jare fantasties verbeter het. “Ek is nie meer daai 30-jarige outjie met sy kitaar nie,” Jannie se kitaar het deel van hom geword.
Jannie ontvang op 19 September die Pretoria FM Aitsa! musiektoekenning. “Na 52 jaar van professionele verhoog is ek ongelooflik dankbaar vir die toekenning, en sien dit as goeie aanmoediging. Ek is baie lief vir musiek, en sal vir so lank as wat ek kan aanhou musiek maak,” vertel Jannie. Hy lê klem daarop dat die toekenning nie ‘n einde is vir sy loopbaan nie, eerder ‘n vernuwende aanmoediging.
Jannie het dan ook die aanmoediging nodig met ‘n besige musiekprogram wat voorlê.
Op 24 September tree Jannie in die Voortrekkermonument se Heldesaal op. Die optrede is titeld Die Musiek van Jannie en Christa, saam met die FAK Jeugsimfonieorkes. Jannie en Christa het vir 25 jaar saam opgetree, en het hul 20-jaar van saamwerk by Aardklop 2006 gevier.
Kaartjies kan hier bespreek word: https://vtmevents.plankton.mobi/Events/EventBooking/b4263f20-71f4-42cf-a28f-323965c55070.
Op 4 en 5 Oktober 2023 sal Jannie te sien wees by Aardklop waar hy ‘Margaretastraat’ gaan aanbied.
Kaartjies kos R160 per persoon (R140 vir pensioenarisse) en kan hier gekoop word: https://www.ticketpros.co.za/portal/web/index.php/parent_event/30fecd4c-051e-fa64-1734-647a07de390f.