Local newsNewsNews

Opsoek na jou pasmaat? Sleep vlerk in Potch

Twee vriendinne van Potchefstroom is hard aan die woeker om jong enkellopendes, wat nie na pasmaats of vriende by kuierplekke wil gaan soek nie, bymekaar te bring.

Luné Raath en Christelle van Heerden, beide Potchefstromers, is hard aan die werk om enkellopendes van die stad bymekaar te bring.

“Een aand het ons klomp vriendinne saamgekuier en besef meeste van hulle is enkellopend.” Luné vertel verder dat die vriendinne graag mans wat reeds werk en nie baie rondkuier nie wou ontmoet. Luné en Christelle het besef dat daar baie jongmense is wat graag ‘n pasmaat wil ontmoet, of net vriende wil maak, en het aan die idee gekom om funksies te hou waar eendersdenkendes kan ontmoet.

Die aand skop af met ‘n ysbreker.

Luné en Christelle het ‘n sisteem ontwikkel om te verseker dat daar mense is wat bymekaar gaan pas en interessante gesprekke gaan voer. Daar is ‘n keuringsvraelys wat elke belangstellende invul, en deelnemers word so gekies. Dis ‘n vereiste dat deelnemers tussen 24-30 jarige ouderdom is.

Daar was alreeds twee Vlerksleep funksies wat elke keer ‘n groot sukses was.

“Ons wil graag die twee groepe saamgooi en ‘n reunie hou. Dalk is daar nog pasmaats onder mekaar. Of dalk nog vriendskappe wat gevorm kan word,” sê Luné. “Ons is baie opgewonde oor die toekoms van Vlerksleep. Ons gaan verseker uitbrei.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button