Local newsNewsNews

Studente-Somer Kluitklap-lysie: Potchefstroom Weergawe

Met die somer-seisoen bykans ‘n maand weg is dit tyd om ‘n lys te maak van goed om te doen voor eksamen en Desember-planne al jou tyd opvat. Hier is ‘n avontuurlustige lys wat deur studente voorgestel is: “Swem in die Calvyn,” Jaco van der Walt, Villagers Manskoshuis. “Eet ‘n Varsity Kafee draairoomys,” Mone Duvenhage, …

Met die somer-seisoen bykans ‘n maand weg is dit tyd om ‘n lys te maak van goed om te doen voor eksamen en Desember-planne al jou tyd opvat.

Hier is ‘n avontuurlustige lys wat deur studente voorgestel is:

“Swem in die Calvyn,” Jaco van der Walt, Villagers Manskoshuis.

“Eet ‘n Varsity Kafee draairoomys,” Mone Duvenhage, Klawerhof Dameskoshuis.

“Gaan kyk die sonsondergang by die treinspoor-brug,” Palesa Maretlwa, Wag ‘n bietjie Dameskoshuis.

‘n Sonsondergang by die treinbrug. Foto: Palesa Maretlwa.

“Maak ‘n bakkie vol water en ‘bacuzzi’,” Cericke van der Walt, Dinki Dameskoshuis.

“Neem deel aan Shofar se ‘Let’s Go’ resies,” Stefan Pretorius, Excelsior Manskoshuis.

“Gaan eet by ‘n eetsaal,” Rudene Du Toit, Lavaria Dameskoshuis.

“Hou ‘n vleibraai,” Amanda Viljoen, Privaat-student.

“Gaan besoek die Varsmark op MC Roode en hou piekniek by Gimmie Gat,” Anjenette Klopper, Dinki Dameskoshuis.

Anjenette Klopper by ‘n Gimmie Gat piekniek.

“Gaan swem in Potch dam, die kanaal, en Gimmie Gat,” Chanelle Gerber, Karlien Dameskoshuis.

“Hou ‘n Potch Dam-dag met tuisgemaakte pons,” Charissa Swanepoel, Oosterhof Dameskoshuis.

“Dryf in floaties en braai by Potch dam,” Klara Pieters, Bellatrix Dameskoshuis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button