Local newsNewsNews

Kospryse maak Studente-beursies plat

Studente aan die Noordwes Universiteit Potchefstroom is baie ongelukkig oor kospryse in die SS, Voorhuis- en Dampad-eetsale. “’n SS toebroodjie kos deesdae meer as een by OR Tambo Lughawe,” sê Martiens Venter, ‘n privaat-student by NWU Potch. “Daai is belaglik. Ook, baie van die kosse kos nou byna dubbel wat dit ‘n jaar of twee …

Studente aan die Noordwes Universiteit Potchefstroom is baie ongelukkig oor kospryse in die SS, Voorhuis- en Dampad-eetsale.

“’n SS toebroodjie kos deesdae meer as een by OR Tambo Lughawe,” sê Martiens Venter, ‘n privaat-student by NWU Potch. “Daai is belaglik. Ook, baie van die kosse kos nou byna dubbel wat dit ‘n jaar of twee terug het. Op gemiddeld het pryse seker 50% in die laaste jaar opgegaan. Daai is baie onaanvaarbaar,” sê hy onsteld.

Martiens sê verder dat dit vir koshuis-studente baie sleg moet wees aangesien hulle van die SS en eetsale vir kos  afhanklik is. “Daar is ‘n groot verandering aan jou begroting wat moet plaasvind.”

Louis Jacobs, woordvoerder vir die NWU, sê dat vele faktore die prys-stygings veroorsaak het.

“Verskeie voedselverskaffers het tydens die Covid pandemie toegemaak, en tesame met die Rusland- Oekrainië oorlog moes daar alternatiewe gevind word om voedsel te verkry. Meeste van hierdie alternatiewe is veel duurder as die dienste wat voorheen beskikbaar was. Stygende lone, inflasie en beurtkrag weeg swaar. Aangesien die fasiliteite deurlopend diens lewer aan studente word daar vir noodkrag betaal. Die noodkrag tarief is bykans drie keer die normale tarief per eenheid. Verskeie voedselpryse het die afgelope jaar dubbeld gestyg. Al hierdie bydraende faktore maak dit onmoontlik vir die kafeterias om hul pryse so laag soos vroeër jare te hou. Wees asseblief verseker dat ons steeds poog om die bes moontlike verskeidenheid teen bes moontlike prys te lewer aan ons ondersteunende kliente basis,” sluit Jacobs af.

“Ek voel dat die pryse by die Voorhuis onredelik op gegaan het. ‘n Mens verstaan dat hulle die pryse verhoog, maar sommige van die goed se pryse het baie op gegaan. Dieselfde met die SS en veral dat jy eweskielik moet ekstra betaal vir goed wat jy verniet gekry het soos die sous,” sê Stefan Pretorius, ‘n derdejaar student wat in Excelsior Manskoshuis bly.

“Die eetsale het voor Covid slegs een keer per jaar pryse verhoog. Ons kan dit ongelukkig nie nou meer doen nie.” Jacobs sê verder dat die eetsale van betroubare verskaffers afhanklik is. Die verskaffers kan in dié ekonomiese klimaat nie bekostig om slegs een keer per jaar hul pryse te styg nie. Maandelikse brandstofprys-stygings en beurtkrag maak dit vir almal moeilik om pryse laag en bekostigbaar te hou.   “Die eetsale is verantwoordelik vir hulle eie inkomste en moet ook al hulle eie uitgawes betaal, en kry dus geen subsidie van die NWU of die Staat nie,” sê Jacobs. Die eetsale bied ‘n daaglikse opsie genaamd “Meal of the day” wat R 40 vir ‘n bord kos, kos. Jacobs sê dat dit ‘n meer bekostigbare opsie is vir studente is en sluit af deur te sê dat die eetsale deurlopend prysvergelykings doen om te verseker dat hul pryse markverwant is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button