Amira bring hulde aan Mimi
Amira het die bynaam Mimi, en haar fassinasie met Kammersängerin Mimi Coertse het gelei tot hierdie huldeblykkonsert: Mimi sing Mimi.
Amira Willighagen het bekendheid verwerf toe sy Holland’s Got Talent in 2013 op negejarige ouderdom gewen het. Sedertdien het sy saam met vooraanstaande kunstenaars gewerk en het sy selfs saam met die wêreldbekende André Rieu en sy orkes opgetree. Sy het in 2018 na Suid-Afrika verhuis en het pas met volle akademiese kleure matrikuleer.
Amira het die bynaam Mimi, en haar fassinasie met Kammersängerin Mimi Coertse het gelei tot hierdie huldeblykkonsert: Mimi sing Mimi. Amira se liefde vir die Afrikaanse taal word ten toon gestel in ’n keur van ou Afrikaanse volksliedjies wat deur Mimi Coertse bekend gemaak is, onder meer “O, Boereplaas”, “Die berggans het ’n veer laat val” en “Heimwee”.
Die program sal ook ’n keur van lieder en bekende arias uit operas en operettes insluit. Amira tree op saam met die pianis en Steinway-kunstenaar Charl du Plessis, wat die musikale regisseur vir hierdie duo-uitvoering is.
- Erfenisdag afslag! Op Sondag 24 en Maandag 25 September kry jy 30% afslag op hierdie produksie! Besoek www.aardklop.co.za vir meer inligting. Volprys R190, maar dan slegs R133.
Kyk die video hier waar Alexa Strachan gesels met Charl du Plessis oor Mimi sing Mimi:
Met: Amira Willighagen (sopraan), Charl du Plessis (klavier)
Musiekregie en musiekverwerking: Charl du Plessis
Vervaardiger: Rosa Kleyn
Genre: Klassiek
Taal: Afrikaans, Engels
Tydsduur: 70 min.
Gradering: Gesin
Venue: Konservatorium
Datum en tyd: 4 Okt 19:30, 5 Okt 13:00