Local newsNewsNews

Pleegsorg skep geleentheid vir gesin om liefde te straal

"Dit was liefde met die eerste oogopslag. In die begin kon ons haar net oor naweke versorg, maar vir die afgelope vier en ‘n half jaar is sy deel van ons familie."

Pleegsorg was nie iets wat die Potchefstromer, Joanine Hoeksema, ooit gedink het dat sy sou oorweeg nie, maar met die eerste oogopslag het sy geweet dat Tumelo* deel van hul gesin moet word. Joanine het Tumelo* die eerste keer by Vessels of Mercy, ‘n huis van veiligheid, se Baby Saver openingsaand so paar jaar gelede gesien.

“Dit was liefde met die eerste oogopslag. In die begin kon ons haar net oor naweke versorg, maar vir die afgelope vier en ‘n half jaar is sy deel van ons familie. Sy het so ongelooflike mooi persoonlikheid en glimlag,” noem Joanine.

Joanine en haar man Roelf, het self ook drie kinders, Roelf (13), Christian (11), en Juan (8). Al drie ontvang tuisonderrig. Volgens Joanine het hulle vir Tumelo* van die begin af aanvaar en liefde teenoor haar gewys.

Joanine Hoeksema

“Hulle kan nie genoeg van hulle sussie kry nie. Hulle kom baie goed oor die weg met haar en soos boeties doen staan hul vir haar op,” noem Joanine. Toe sy 9 maande oud was het Joanine-hul eerste keer aansoek gedoen om haar aan te neem. Hierdie proses neem wel ‘n geruime tyd en tot op datum is Tumelo* nog steeds in pleegsorg. Die doel van pleegsorg is om die kind ‘n liefdevolle en veilige omgewing te gee terwyl die omstandighede van die biologiese ouers evalueer word.

Op hierdie stadium is Tumelo* se biologiese ouers nie in staat om vir haar te sorg nie. Sodoende kan die Hoeksema-gesin van pleegsorg na volledige aanneming beweeg. “Ons wil vir haar liefde wys en vir haar wys hoe lief almal om haar vir haar is. Ons is haar gesin en ek gaan alles doen in my vermoë om haar aan te neem,” vertel Joanine.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button