Local newsNewsNews

Studente laat selfoondief les opsê

Studente het saamgespan om ‘n verdagte vas te vang, wat ‘n damesstudent van haar foon buite Dennepark op die hoek van Molen en Borcherdstraat op Dinsdagaand (26 September) beroof het.

Studente het saamgespan om ‘n verdagte vas te vang, wat ‘n damesstudent van haar foon buite Dennepark op die hoek van Molen en Borcherdstraat op Dinsdagaand (26 September) beroof het.

Franklin Kriel, ‘n finalejaar onderwysstudent (senior fase), het saam met mede studente gehelp om die verdagte te vang, nadat hulle die dame se gille gehoor het.

“Ek en my vriende het hier by Dennepark gebraai toe ons so net na 20:00 ‘n vrou hoor gil. Ons het toe in die rigting van Molen en Borcherdstraat gehardloop. Sy het toe vir ons vertel dat haar foon gesteel is. Ons het toe die verdagte gesoek. Toe ons hom sien het ons hom agterna gesit en gevang. Dit net na ons gegym het, so ons het nog ekstra oefening ingekry,” noem Kriel.

Franklin Kriel, ‘n finalejaar onderwysstudent, wys in watter rigting hy gehardloop het om die verdagte vas te vang wat ‘n student se selfoon op Dinsdagaand, 26 September, gesteel het. Foto: Wouter Pienaar.

Kriel-hulle het die NWU Beskermingsdienste gekontak. Cachet Park CID, bestuurder, Johan Naude, is ook geskakel waarna Mooirivier Beskerming ontbied is om bystand te lewer. Die verdagte is in ‘n spanpoging gearresteer, waarna haar foon terugbesorg is.

“Ek is dankbaar dat die studente veral toe hul hoor daar is fout saamspan om te help. Ons was seker so groep van 16. Beskermingsdienste, Mooirivier Beskerming en polisie was ook vinnig op die toneel,” vertel Kriel.

“Dit was tydens beurtkrag so daar is nie enige beeldmateriaal van die insident nie,” noem Naude.

Die verdagte het tydens die arrestasie drie ander verdagtes uit gewys wat glo gesteelde selfone in hul besit gehad het. Polisie en reaksie het het ook agter Tuscany Ridge op vier gesteelde selfone afgekom.

‘n Saak van diefstal is by die polisie oopgemaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button