Local newsNewsNews
Kolwyntjies vir Kinderkanker-lyers
September-maand focus op kanker in kinders, en die Cupcake of Hope Foundation in Potchefstroom gedenk dit deur kolwyntjies te verkoop en die geld te skenk aan kinder-kankerlyers. Angelique Hall en Elmarietha van Niekerk het kolwyntjieverkope gereël vir 29 September by Mooirivier Mall en West Acres se buitelug mark. Die kolwyntjies is deur die gemeenskap gebak …
September-maand focus op kanker in kinders, en die Cupcake of Hope Foundation in Potchefstroom gedenk dit deur kolwyntjies te verkoop en die geld te skenk aan kinder-kankerlyers.

Angelique Hall en Elmarietha van Niekerk het kolwyntjieverkope gereël vir 29 September by Mooirivier Mall en West Acres se buitelug mark.

Die kolwyntjies is deur die gemeenskap gebak en versier. Ongelooflike kreatiwiteit het in die versiering ingegaan, en watter kolwyntjies om te kies was beslis die grootste besluit wat kopers moes neem.



Daar was meer as 3500 kolwyntjies verkoop, en die mikpunt vir volgende jaar is van 3000 na 5000 kolwyntjie-verkope geskuif.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



