Noah en Liam Bezuidenhout geniet hul spookasem op die Feesterrein
Die eerste dag van Aardklop het uiteindelik vandag (Dinsdag, 3 Oktober) aangebreek met feesgangers vanuit alle oorde wat op die feesterrein by die NWU Joolplaas toesak.
In snikhete toestande was roomys sowel as enige iets met ys wat kele koel hou, ‘n groot treffer. Die heerlike verskeidenheid kossoorte het ook die monde teen middagete laat water.
Kyk die foto’s hier:
Hermon Visagie en Quen Axsel is gereed om feesgangers te bedien.
Morne van Aswegen, Anika Vorster en Jayden Stoffberg
JC Allan en Cara Cilliers
Inge Marais en Dewald van Zyl
Irene Strydom en Ernie Roets
Lindie Meyer en Lucas Bridenhann
Feesgangers wandel al van vroeg af op die feesterrein.
Michelle en Mikayla Wiese sien uit na die heerlike kos en stalletjies
Minieke Fourie en Dottie die Lappop
Noah en Liam Bezuidenhout geniet hul spookasem op die Feesterrein
Wehan van Rooyen en Francois Viviers van Nog ‘n Dag in Potch is gereed vir Aardklop.
Winnie en haar span is gereed om feesgangers met pannekoek te bederf. Agter is Winnie Stoppel, Alida Schoonwinkel, Hester Henning en Matilda Mchamba. Voor is Nitacha Trosello en Zelda van Niekerk.
Abigail Mcmillian, Calvin Chatambudza, Zinnia Bell en Nevaeh Frith
Adri Visser en Abie van Oort gaan vanjaar ‘n paar vertonings ook kyk
Berenice Moos staan by heerlike skilpadjies
Dianne Meere en Marjaan Groenewald
Ewan Willemse en MJ Potgieter geniet die gees van Aardklop
Natuurlik is die kunstente sowel as die verskeidenheid items wat te koop is ook baie aandag gelok en feesgangers is beslis nie leë hande uit die terrein nie.
Die musiekverhoog is ook ‘n hoogtepunt:
4 Eva Young Band het ook op die feesverhoog opgetree.
Aardklop se feesterrein is oop vanaf 09:00 tot en met Saterdag, 7 Oktober.
Dit is beslis ‘n ervaring wat nie misgeloop kan word nie.
Feesgangers betaal R 50 per persoon en R 150 vir ‘n weekkaartjie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.