Local newsNewsNews

Gebrek aan toerusting vir brandweer laat vraagtekens

Die VF Plus in die J.B. Marks munisipaliteit eis in ‘n skrywe aan die speaker van die munisipale raad, Moithoesi Dassie, dat dié munisipaliteit ‘n omvattende verslag oor die stand van die brandweerdiens lewer.

Die VF Plus in die J.B. Marks munisipaliteit eis in ‘n skrywe aan die speaker van die munisipale raad, Moithoesi Dassie, dat dié munisipaliteit ‘n omvattende verslag oor die stand van die brandweerdiens lewer.

Dit nadat daar in die afgelope paar maande talle brande in die area plaasgevind het.

Die mees onlangse brand was toe drie winkels sowel as ‘n woonstelgebou in die Wandellaan verlede week vlam gevat het. Een persoon is ook in hierdie brand dood.

Volgens Vryheidsfront Plus raadslid, Karin de Villiers, is daar ernsige gebreke in die munisipaliteit se vermoë om doeltreffende brandvoorkoming- en bestryding in die munisipale gebied te verseker.

“Die VF Plus het in die skrywe van 12 September uitgelig dat ‘n gebrek aan toerusting en die swak instandhouding van bestaande toerusting ‘n bedreiging vir beide die gemeenskap en munisipale brandweerpersoneel inhou,” voer De Villiers aan.

Daar is tans ook net twee werkende brandweerwaens om die hele J.B. Marks gebied te bedien.

“Die feit dat Potchefstroom ook die tuiste van onvervangbare nasionale kulturele skatte en geboue is, plaas ‘n verdere verantwoordelikheid op die munisipaliteit om toe te sien dat sy brandbestrydingsvermoë prioriteit geniet,” meen De Villiers.

Die VF Plus het ook dank uitgespreek oor die werk wat die brandweer wel verrig ondanks die gebrek aan genoeg hulpbronne.

* Die Herald het die J.B. Marks munisipaliteit vir kommentaar oor die brandweer genader maar teen druktyd nog nie terugvoer ontvang nie.

Related Articles

 
Back to top button