Local newsNewsNews

Bikers maak harte oop vir Huis Hebron

Die ruim harte van ‘n groep motorfietsryers van die Pretoria Harley Riders Club het Huis Hebron se dag gemaak toe hulle ongeveer 180 kg vleis sowel as ‘n hele sleepwa vol groente en vrugte geskenk het.

Die ruim harte van ‘n groep motorfietsryers van die Pretoria Harley Riders Club het Huis Hebron se dag gemaak toe hulle ongeveer 180 kg vleis sowel as ‘n hele sleepwa vol groente en vrugte geskenk het.

Dit was deel van die Roaring River Rally waar hierdie groep van ongeveer 50 motorfietsryers, na mense in die Potch en Parys areas uitgereik het om kos te verskaf.

“Ons wil vandag graag ‘n R 10 000 donasie ook aan Huis Hebron maak, sowel as die vleis en groentedonasies. Baie dankie vir die werk wat julle doen,” noem Jaco Minty van die klub.

Pierre Cronje, ‘n plaaslike Potchefstromer wat met Minty bevriend is, het hierdie skenking gereël.

Die stigter van Huis Hebron, Gretha le Roux, haar seun Fanie en ds. Pierre van den Berg het die oorhandiging op Saterdag, 23 September bygewoon.

Die glimlagte op hul gesigte het boekdele gespreek oor die dankbaarheid wat hulle sowel as die inwoners van Huis Hebron oor hierdie skenking het.

“Dit is vir ons ‘n groot voorreg dat julle ons so bederf met hierdie skenkings. Ons is baie geseënd om julle hier in Potch te kan verwelkom. Hebron is vanjaar 21 jaar oud. Huidig is daar ongeveer 110 mense wat op die perseel woon. Die gemeenskap is baie vrygewig vir ons. As daar iets kort by Hebron gaan mens op jou kniee en die Here sal voorsien,” noem Fanie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button