Local newsNewsNews
Vier beseer in Jeppestraat ongeluk
Vier mense is na verskeie plaaslike hospitale vervoer nadat hul in 'n kop aan kop botsing betrokke was.
Twee voertuie was in ‘n kop aan kop botsing betrokke in Jeppestraat vanoggend (Sondag, 29 Oktober).
Die ongeluk het ongeveer 05:20 plaasgevind.

Drie pasiënte met geringe beserings en een pasiënt met meer ernstige beserings is deur ER24 en EMRS na verskeie plaaslike hospitale vervoer.
Die polisie, ER24, EMRS, en Mooirivier Beskerming was op die toneel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



