SportSport

Ongelooflik! Potch vier Bokke se Wêreldbekersege

Na 80 minute van senutergende aksie het Potchefstromers uit hul nate gebars. Trane het gevloei en vreemdelinge het saamgejuig toe Suid-Afrika as die wenners aangewys is.

Die 2023 Rugby Wêreldbeker-eindstryd het Potchefstromers op die punte van hul stoele gehad. Dit was ‘n naelbyt 12-11 wen vir Suid-Afrika wat hul vierde titel besorg het op Saterdag, 28 Oktober.

Die wedstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland het met ‘n gejuig vir Suid-Afrika afgeskop, maar die gejuig het vinnig in ‘n geskree en gesweet verander.

Kyk die video hier van hoe Potch feesvier:

Teen halftyd was elke kyker ‘n afrigter en reg om self vir die Springbokke te verduidelik wat om te doen.

In die tweede helfte het die Bokke bewys wat in hulle steek en fantastiese verdediging het plaasgevind met Pieter Steph du Toit wat die voorbeeld stel. Hy is ook as die Speler van die Wedstryd aangewys.

Na 80 minute van senutergende aksie het Potchefstromers uit hul nate gebars. Trane het gevloei en vreemdelinge het saamgejuig toe Suid-Afrika as die wenners aangewys is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button