Local newsNewsNews

Wees spaarsamig om kragonderbrekings volgende week te vermy

Kragonderbrekings sal wel grootliks afhang van die hoeveelheid kragverbruik in daardie tye.

Potchefstromers het hierdie week ‘n kennisgewing van die munisipaliteit ontvang rakende kragonderbrekings wat vanaf 7-10 November weens dringende herstelwerk deur Eskom gaan plaasvind.

Daar word beraam dat kragonderbrekings vanaf 09:00 op 7 November tot 18:00 op 8 November (33 ure) kan wees. Dit sal ook so vanaf 9 November om 09:00 tot 10 November om 18:00 die geval wees.

Baie Potchefstromers is onseker of hulle geen krag vir ongeveer 33 uur sal hê, soos daar moontlik beraam is.

Dit is hang af van die aanvraag van krag op die dag en die kapasiteit wat tydens die herstel van die transformators nodig is.

Munisipale woordvoerder, Jeanette Tshite, noem dat die Elektriese Afdeling en Eskom gesamentlik die las deurlopend sal monitor.

“Indien die aanvraag op die dag nie so hoog is nie en op die beskikbare 80 MVA kapasiteit van die een transformator geakkommodeer kan word, sal alle areas nie geraak word nie,” bevestig sy.

Kragonderbrekings sal wel grootliks afhang van die hoeveelheid kragverbruik in daardie tye. Inwoners word gemaan om spaarsamig met hul krag te werk om grootskaalse kragonderbrekings tydens die hersteltydperk te voorkom.

Eskom gaan transformators by Potch DS Substasie herstel. Potch DS Substasie is ‘n 132/88kv substasie wat die hoofsubstasie is wat krag in Potchefstroom vanaf Hermes Substasie naby Stilfontein aanvoer.

“Die transformators wat herstel moet word lek olie en dit moet dringend herstel word voordat ernstige skade plaasvind. Met die duur van die onderbrekings sal daar net een transformator met ‘n kapasiteit van 80 MVA op elke dag beskikbaar wees,” voer Tshite aan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button