SportSport

Gimmies se o.15A’s verloor met een lopie in Noordvaal kwarteindstryd

Potchefstroom Gimnasium se o.15A krieketspan het in 'n rillerstryd met net 1 lopie teen Hoërskool Garsfontein in die Noordvaal kwarteindstryd op die Gimmies Oval vasgeval

Baie keer is krieketwedstryde met ‘n klein kolftotaal, van die senutergendste wat daar is.

Dit was weer bewys toe Potchefstroom Gimnasium se o.15A krieketspan in ‘n rillerstryd met net 1 lopie teen Hoërskool Garsfontein in die Noordvaal kwarteindstryd op die Gimmies Oval vasgeval het.

Hierdie wedstryd moes juis gister (Donderdag, 2 November) oorgespeel word nadat reën die wedstryd op Saterdag, 28 Oktober belemmer het.

Garsfontein word vir 123 in 24.4 beurte uitgeboul. Hul top lopiemaker, Riaan Boshoff, word vir 28 uitgehardloop danksy ‘n stukkie puik werk van Henré Cronjé.

Cronjé skitter ook met boulsyfers van 3/26 in 7 boulbeurte.

Gimmies het wel veel stadiger as Garsfontein gekolf en is op die ou einde in die laaste boulbeurt vir 122 uitgeboul.

Die scenario was naelbyt met Gimmies wat slegs twee lopies van 5 balle benodig het. Gimmies se kolwer van die wedstryd, Benjamin van Wyk, word vir 33 (90 balle) uitgehardloop nadat hy en Thlone Thabatha, die nommer elf kolwer vir 18 beurte frustreer het.

Thabatha het 5 van 53 balle gemaak en sy bes probeer om Gimmies van 101/9 na die wenteiken te neem. Dit was so stadig soos ‘n skilpad, maar amper deurslaggewend.

Gimmies se karakter is beslis getoets en hulle het bewys dat hul aanhou tot op die einde veg, dit was net nie op die dag hul wedstryd om te wen nie.

Gimmies se o.15A-span het ‘n rillerstryd teen Garsfontein verloor.

Garsies se Ruan Coetzee met 2/16 in 8 boulbeurte en Boshoff met 2/20 in 7 boulbeurte was van die besoekers se top boulers op die dag.

“Dit was ‘n uitstekende wedstryd. Ek kan nie meer trots wees op ons ouens nie. Hulle is die gunstelinge en ons het hul tot op die einde gedruk,” vertel Gimmies se o.15A afrigter, Wian Lubbe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button