Local newsNewsNews

Potch paartjie gaan Groen en Goud by Bok-troue

Twee Springbokmal Potchefstromers se troudag was ekstra spesiaal toe hulle en die Springbokke albei die knoop Saterdag, 28 Oktober deurgehak het.

Twee Springbokmal Potchefstromers se troudag was ekstra spesiaal toe hulle en die Springbokke albei die knoop Saterdag, 28 Oktober deurgehak het.

Suzelle Myburgh en Gideon Niemand het besluit om hulle liefde vir mekaar en die Springbokke te kombineer deur die Rugby Wêreldbeker-eindstryd tussen Suid-Afrika
en Nieu-Seeland deel van hul troudagtema te maak.

Dit was toe sommer dubbele vreugde toe die Springbokke toe ook die eindstryd met
12-11 wen.

“Die troue was vir ons baie spesiaal omrede dit op die Rugby Wêreldbeker Eindstryd was, en toe bring die Bokke natuurlik vir ons land die grootste geskenk huistoe!” vertel Suzelle. “Ek en Gideon is beide groot rugby-ondersteuners, en baie lief vir ons land en die Springbokke!”

Gideon en Suzelle op hul troudag. Foto: Stiekie Photography.

Ons het al ‘n jaar terug hierdie datum bespreek vir ons troue, en was glad nie bewus dat dit op die Rugby Wêreldbeker Eindstryd se datum val nie. Ons het besluit om die Rugby Wêreldbeker Eindstryd, en die Springbokke deel te maak van ons groot dag,” vertel Suzelle verder. “Ons het die Eindstryd regstreeks uitgesaai op ‘n groot TV, en al die gaste was vasgenael voor die TV om ons Bokke te ondersteun. Tussen die eerste en tweede helfte van die Eindstryd het ons die troukoek gesny.”

Die troukoek se tema was die Suid-Afrikaanse landsvlag. Elke kolwyntjie wat die koek opgemaak het, het ‘n vlaggie ingehad.

Die Niemands se troukoek was geïnspireer deur die Suid-Afrikaanse landsvlag. Foto: Verskaf.

“Dit was verseker die beste dag van my lewe,” merk Suzelle op. “Ek het met my sielsgenoot getrou, en die Bokke het die Wêreldbeker huistoe gebring!”

Suzelle en Gideon was oorstelp toe die Bokke die Rugby Wêreldbeker vir die vierde keer wen. Foto: Verskaf.

Suzelle is in 1995 gebore, die jaar wat die Springbokke vir die eerste keer die Rugby Wêreldbeker gewen het. “Die Springbokke het nou al op 2 groot mylpale in my lewe die Wêreldbeker huistoe gebring,” sê Suzelle.

“My Pa was ‘n groot rugby-liefhebber, en het self op sy dae vir die SA Barbarians gespeel. Ons hele familie is lief vir sport, en het ‘n sagte plekkie vir Rugby en die Springbokke.”

Related Articles

Back to top button