Local newsNewsNews
Vars en sosiaal by MC Roode-mark
MC Roode Varsmark beloof om aankomende Saterdag 'n fees te wees.
MC Roode se bekende Varsmark was in ‘n rustige atmosfeer gehul die Saterdag. Ou vriende het oor ‘n koppie koffie stories uitgeruil en vars voorraad was aangekoop.

Kyla De Beer, die Varsmark se organiseerder, nooi Potchefstroom uit om die komende Saterdag, 18 November ‘n draai te maak.

“Meeste van ons uitstallers sal dan hier wees,” vertel Kyla. “Daar gaan ‘n tweedehandse boekverkoping wees en kindervermaak soos boeresport, gesigverf en ‘n springkasteel.”
“Almal is welkom, oud en jonk. Dit gaan ‘n baie lekker dag wees,” voeg Kyla by.

Die MC Roode varsmark is geleë op die hoek van MC Roode en Bondstraat, oorkant die Roots.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



