Familie ontsteld na man bedsere in Potchefstroom Hospitaal ontwikkel
Mnr. Donovan van Coller (53) het erge bedsere op sy boude opgedoen en is die afgelope twee en 'n half maande in geweldige pyn.
Die familie van ‘n pasiënt in Potchefstroom Hospitaal beweer dat die hospitaalpersoneel nalatig was nadat hy vlak-4 bedsere opgedoen het terwyl hy in die hospitaal behandel is.
Mnr. Donovan van Coller (53) het erge bedsere op sy boude opgedoen en is die afgelope twee
en ‘n half maande in geweldige pyn.
Van Coller is Woensdag, 23 Augustus in Potchefstroom Hospitaal opgeneem nadat hy ‘n verlamming in sy lyf ervaar het.
Volgens sy vrou, Christa, het die hospitaal hom behandel vir ‘n virus wat hy opgedoen het.
“Ek het my man met hierdie gate in sy lyf so teruggekry. Dit
kan mos nie net gebeur nie. Die hospitaal kan nie verduidelik hoe
of hoekom dit gebeur het nie,” noem Christa.

hospitaalbed nadat hy bedsere
op sy boude opgedoen het.
Foto: Verskaf.
Sy is ook ontsteld omdat sy nie weet hoe om haar man se wonde te behandel nie en voel dat die hospitaal die verantwoordelikheid moet neem.
Van Coller is op Donderdag 9 November ontslaan. Christa noem dat die hospitaalpersoneel
oor die naweek haar man se wonde dreineer en verder behandel het.
* Die Herald het 30 Oktober ‘n navraag aan Potchefstroom Hospitaal gestuur, maar nog nie amptelike terugvoer ontvang nie.



