Local newsNewsNews

Vlieë en vure maak Hillside gedaan

"Die mense kan nie eers kook nie, dis my main concern,” sê 'n lid van die Business Consortium.

Promosa Hillside en Extension 5 inwoners word deur vlieë en vure vanaf die Phelophela Stortingsterrein geteister. Hierdie twee woongebiede is die naaste aan die stortingsterrein en word die meeste daardeur geraak.

Bronwyn Pietersen en Shoney Buthelezi staan saam twee ander Extension 5 inwoners op onwettige storting deur inwoners.

Fortunate Matras, ‘n Hillside inwoner, vertel dat sy omtrent nie kan kos maak as gevolg van die vlieë nie. “Jy sit skaars kos op dan is die vlieë oral om jou. En dis nie gewone vlieë nie, dis brommers,” sê Fortunate. “Toe ALS nog hier was, was die vlieë nie so erg nie. Daar is ook nie so vure gemaak by die landfill nie. My buurvrou het my al in die nag opgeklop omdat sy nie asem kry nie, en sy is hoogswanger.” Fortunate las by dat sy al vleis moes weggooi as gevolg van die vlieë.

Fortunate Matras noem dat sy al moes vleis weggooi as gevolg van vlieë en brommers wat Promosa Hillside en Extension 5 se inwoners teister. Foto’s: Wouter Pienaar.

Nog ‘n inwoner, Bronwyn Pietersen, vertel dat ALS se vertrek vanaf die stortingsterrein meer as net vlieë en vure aangebring het.
“Vir ‘n geruime tyd het ons werk gehad by die landfill. Ons het baie lekker gewerk saam met ALS,” vertel Bronwyn. “Die nuwe kontrakteurs het nie vir ons werk nie. Dis nou al amper twee maande wat ons sonder werk sit.” Bronwyn sê verder dat die nuwe kontrakteurs nie die nodige masjinerie het nie, en dat dit die rede is waarom daar vure gemaak word om die vullis te brand. “Dis goed wat nie gebrand moet word nie, dit ruik aaklig, en dan is dit nog die vlieë ook.”
Bronwyn vertel verder dat die nuwe kontrakteurs vergaderings gehou het om vir hul werk te gee, maar wanneer hul by die stortingsterrein opdaag is daar nie vir hul werk nie. “Mense kan nie meer hul gesinne versorg nie,” sê Bronwyn. “ALS het ‘n belangrike rol in ons gemeenskap gespeel. Hulle het behuising, paaie, water, toiletgeriewe en masjinerie vir werk verskaf.”
“Sover ons kan uitwerk kom die nuwe kontrakteurs van Limpopo af. Ons het geen idee wie die mense is nie. Ons voel die geld wat aan hulle betaal word kon eerder vir ‘n plaaslike kontrakteur betaal word sodat die geld na ons gemeenskap toe kom en nie uitgaan nie,” sê Bronwyn.

‘n Lid van die Business Consortium sluit aan deur te sê, “Die vlieë gaan nie Limpopo toe nie. Die mense kan nie eers kook nie, dis my main concern.”

Vanessa Daniels, ook ‘n inwoner in die omgewing, sê die reuke by die put-toilette wat hulle tans het, is ondraaglik. “En die toilette is oorvol, mens kan dit nie rerig meer gebruik nie. En die vlieë wat daar uitkom…” Vanessa las by dat die rook wat vanaf vure by die stortingsterrein kom baie gevaarlik is. “Hier is baie kinders en hulle asem daai giftige rook in.”

‘n Onstelde Vanessa Daniels vertel dat die pit-toilette vlieë lok wat gesondheidsgevare vir die inwoners inhou. Foto: Wouter Pienaar

“Ons soek vir ALS terug,” sê ‘n emosionele Bronwyn. “Ons huil, ons is honger, ons soek werk.”

JB Marks Munisipaliteit woordvoerder Jeanette Tshite erken daar is kommer oor die stortingsterrein. Tshite sê die terrein is op volle kapasiteit en vyandige heraaanspraakmakers bemoeilik die diensverskaffer se werk om die terrein te
bestuur.
“Die diensverskaffer noem die hoofoorsaak van brande is munisipale skippe wat van tyd tot tyd verbrand word, en dat brande dormant lê en weer begin wanneer dit kantel,” sê Tshite. “Die diensverskaffer wat aangestel is word verantwoordelik gehou om kwaliteitwerk te lewer. Indien nie, salof die instansie sal die kontrak moet ondersoek.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button