Een van Potch Dorp en die Luiperds se uitblinker spelers het onlangs vir die Suid-Afrikaanse Vroue-sewesspan in Dubai utgedraf. Vianca Boer is in die span wat die afgelope naweek tiende in Dubai geëindig het ingesluit. Dié 21 jarige onderwysstudent aan die NWU is al drie jaar by Potch Dorp en die Luiperds betrokke. Boer is ‘n boorling van Pretoria wat in die Noord-Kaap grootgeword het. “In’ n plekkie genaamd Wegdraai sowat 100 km buite Upington. Ek het nog altyd van rugby gehou. Ek het dit net nooit gespeel nie want my skool het nie rugby aangebied vir vroue nie.
“Ek het vir die eerste keer in my graad 10 jaar rugby begin speel, en dieselfde jaar is ek in die Griekwas span opgeneem,” vertel sy. Boer wat al ses jaar rugby speel wil graag haar studies voltooi waarna sy ‘n onderwyseres wil wees wat haar eie meisiespan wil afrig. “Die spel leer mens baie waardevolle lewensvaardighede, soos om te kommunikeer, spanwerk, deursettingsvermoë, veerkragtigheid en selfs dissipline op en van die veld. Die rugbyveld is my huis weg van my huis af,” vertel Boer.



