President waarsku spanne teen ongure optrede
"Ek wil die skeidsregters in ons provinsie persoonlik bedank vir die ondankbare diens wat hulle lewer. Ek wil dit ook duidelik stel dat ons as Unie nie ongure optrede teenoor skeidsregters sal duld nie," het Mervyn Taylor, president van die Unie, gesê.
Die Luiperds het op 28 November hulle algemene jaarvergadering gehou. Mervyn Taylor, president van die Unie, het by die vergadering sy jaarverslag gelewer. In dié verslag is daar terugvoer gegee oor die onderskeie spanne se prestasies. Taylor het in die verslag sy ontevredenheid uitgespreek oor spanne se optrede teenoor skeidsregters. “Ek wil die skeidsregters in ons provinsie persoonlik bedank vir die ondankbare diens wat hulle lewer. Ek wil dit ook duidelik stel dat ons as Unie nie ongure optrede teenoor skeidsregters sal duld nie. Ons sal klubs, skole en individue skors as dit voortduur. Ek is persoonlik betrokke hierby en sal sonder vrees of guns optree,” het Taylor dit duidelik gestel. Daar is ook van hierdie geleentheid gebruik gemaak om spelers vir hulle prestasies te vereer. Die kaptein, HP Swart en Sherwin ‘Dok” Cupido was die twee utblinkers vir die 2023 seisoen. Hulle is as die Spelers se Speler van die Jaar, Voorspeler van die Jaar, Agterspeler van die Jaar en Speler van die Jaar aangewys.
Spelers se Speler van die Jaar – HP Swart
Speler van die Jaar – Shirwin Cupido
Nuweling van die Jaar- Henri Van Der Westhuizen
Opkomende Speler van die Jaar – Sino Tshontyi
Voorspeler van die Jaar – HP Swart
Agterspeler van die Jaar – Shirwin Cupido
Platteland Speler van die Jaar- Ruan Carr
Vroue Speler van die Jaar- Teddy Gatyana
o.19 Speler van die Jaar- HJ Janse van Rensburg
o.20 Speler van die Jaar – Eben Verster
o.21 Speler van die Jaar- Stephan Krugel





