Local newsNewsNews

Familie verloor alles in ‘n brand

Gesin in Promosa benodig skenkings nadat hul alles verloor het toe een van die kinders perongeluk die huis afgebrand het.

‘n Familie van Promosa het Vrydag, 1 Desember alles in ‘n huisbrand verloor. Dit volg nadat hul driejarige seuntjie onwetend ‘n vuuraansteker in die hande gekry en onder sy ma se bed daarmee gespeel het.
Die ma, Sabiah Jansen, vertel toe haar seuntjie besef wat hy gedoen het, sy eerste reaksie was: “Mamma, ek sal dit regmaak.”

Sabiah bly saam haar ma, Mpho Tlhako en haar twee seuns in die huis. “My en my ma se slaapkamers het heeltemal afgebrand, en alles in die huis ook,” vertel Sabiah. “Die brand het in die agterkant van die huis begin en deur die hele huis versprei. Linda Mogoshane, ‘n vriendin van Sabiah, vra Potchefstroom se hulp om die familie weer op hulle voete te kry.
Hier is ‘n lys van benodigdhede wat aan die familie geskenk kan word:
Vensters, twee deure, kaste en verf. Skryfbehoeftes en skoolklere vir ‘n seun tussen 7 en 8 jaar, met ‘n 12-kinderskoen.
Skoene en klere vir ‘n 3 tot 4-jarige seun. Twee beddens, ‘n stoof, breekgoed, eetgerei, handdoeke, kos, skoonmaakmiddels, en badkamerbenodigdhede vir ‘n jong en ouer vrou. Matte, gordyne, sement en ou teëls word ook benodig. Die adres is 1354 Adolf Willemsestraat, wyk 13, Promosa.

Sabiah kan by 079 985 0111 gekontak word en Linda by 081 422 4144. Enige donasies om hulle weer op hulle voete te kry sal waardeer
word,” sê Linda. Die hulp van ‘n sielkundige wat met hulle kan praat sodat die gebeure nie in hulle koppe en harte gaan lê nie, sal ook waardeer word. Die familie is tans besig om saam met ander inwoners in die gemeenskap die oorblyfsels van die huis skoon te maak en die rommel uit te sorteer.

Die area waar Sabiah en haar ma se slaapkamers was. Foto’s: Cornelia Hitge.

Related Articles

 
Back to top button