Danser ryg trofeë in met haar veelsydige talent
Nicolene Minnaar het eerste plekke in Bhangra, Disco, Freestyle, Kontemporêre Dans, Jazz en Hip-Hop behaal. Drie van hierdie eerste plekke is ook die hoogste kampioenskapsvlak behaal.
‘n Plaaslike danser en graad 9 leerder aan Potchefstroom Gimnasium, Nicolene Minnaar, het op Donderdag, 7 Desember die Aldante Dansskool by die Rumba in the Jungle Danssportkampioenskappe in Mahikeng verteenwoordig en ‘n klomp puik prestasies behaal.
Sy behaal eerste plekke in Bhangra, Disco, Freestyle, Kontemporêre Dans, Jazz en Hip-Hop. Drie van hierdie eerste plekke is ook die hoogste kampioenskapsvlak behaal.
Die SADF (Suid-Afrikaanse Dans Federasie) het aan haar SA kleure toegeken vir dans vir hierdie uitsonderlike prestasies.
Nicolene, wie ook ‘n lid van die Gimmie-dansakademie is, het ook in Oktober aan SACOPA in Rustenburg vir die Noordwes-span deelgeneem met dans aan solo- duo- en groepdanse. Sy het verskeie medaljes verwerf en vir haar solo “Open dance” ‘n goue medalje en is verkies as die algehele wenner vir dans in haar ouderdomsgroep (13-15 jaar), met die hoogste algehele telling vir dans in al die genres.
Sy het ook aan modelwerk in die kompetisie deelgeneem en ‘n goue medalje verwerf in die “formal” kategorie. Met hierdie prestasies is Nicolene gekies vir die SA span om in Los Angeles te gaan deelneem. Sy het hierdie prestasie al behaal van die ouderdom van 9 jaar toe sy die eerste keer met groepdanse gekies is vir die span.
Haar sussie, Wilmari, tans in Graad 5 in Laerskool Baillie Park het ook in Oktober vanjaar aan Sacopa in die danskategorie deelgeneem en is ook ingesluit in die SA span wat in Los Angeles kan gaan deelneem. Definitief is dans en uitvoerende kunste in hierdie twee sussies se bloed.
Nicolene se droom is om eendag oorsee te gaan deelneem en haar land te verteenwoordig. Vir dit het sy borge nodig om haar te help met hierdie ideaal.
Enigeen wat bereid is om as borg op te tree vir hierdie danser, kan haar ma Connie
by 072 601 3731 kontak.








