Hoe vier ek Kersfees as Christen?
“Die aarde behoort aan die Here, so ook Kersbome en ander goed waarmee ons Kersfees vier. Kersfees is nie ‘n Heidense fees as jy dit reg vier nie,” noem Prof Stoker.
Professor Henk Stoker en Professor Naas Ferreira gesels saam oor wat Kersfees vir Christene beteken, en blus ‘n paar ‘Kersfees is ‘n heidense fees’-vure.
“Oorspronklik het Christene nie Kersfees gevier 25 Desember soos ons deesdae doen nie,” vertel Prof Stoker. “Christene het die Kruisiging, die Opstanding, en die Hemelvaart gevier.” Prof Stoker verduidelik dat dit so gedoen is aangesien hulle geweet het wanneer hierdie gebeure plaasgevind het. Oorspronklik het Christene nie geweet wanneer Jesus se geboorte plaasgevind het nie.
“‘n Splintergroep in Noord-Afrika genaamd die Donatiste het bepaal dat Jesus gekruisig is opdieselfde dag as wat Maria swanger geword het. Volgens daardie datums het hul Jesus se geboorte-datum uitgewerk,” vertel Prof Stoker.
Prof Stoker grawe dieper is Kersfees se oorsprong in; in die tyd wat Christene ‘n amptelike kerk geword het, het die Romeinse Keiser ‘n fees van die Onoorwinlike Son ingestel. Die fees sou op 21 Desember plaasvind, maar het toe op 25 Desember plaasgevind.
“Persoonlik is ek seker dat 25 Desember nie die geboortedag is nie,” merk Prof Stoker op. “Lukas (boek in Bybel wat handel oor geboorte van Jesus) verwys na herders in die ope velde wat aandui dat dit nie winter was nie. Die feit dat daar plek in ‘n stal gemaak is vir Josef en Maria beteken die diere was buite, dit was warm genoeg vir die diere om buite te wees.” Prof Stoker las by dat die datum wanneer Jesus gebore is nie belangrik is nie. “Dis spesiaal dat Hy mens geword het en gebore was.”
Prof Naas Ferreira dink terug en merk op dat Kersfees ‘n geleentheid was waar mense rerig gedink het aan Jesus se geboorte. “Ons was in ‘n wêreld waar daar baie meer Christene was wat die dag geeer het,” vertel Prof Ferreira. “Dit het egter ‘n kommersiële najaag van geskenke en groot eet geword. Baie min mense dink nog regtig aan Christus op Kersdag.”
Prof Stoker las aan by Prof Ferreira deur te vertel dat geskenke ‘n tradisie is wat kom vanaf Saint Nikolaas wat Sinterklaus geword het wat Santa Klaus geword het.
“Saint Nikolaas was ‘n Monnik wat gehoor het hoe ‘n man beplan om sy drie dogters te verkoop om skuld te vereffen,” vertel Prof Stoker. “Hy gee to anoniem goud vir die man sodat hy nie sy dogters verkoop nie. Mense het toe armes begin help en later het almal vir mekaar geskenke gegee.”
Prof Ferreira fokus op Jesus wat mens geword het tydens sy geboorte op aarde. “Die geslagsregister wys dat Hy werklik mens was. Die feit dat hy sonder ‘n man verwek is wys dat Hy werklik God is.” Prof Ferreira noem dat Maria se swangerskap ‘n wonderwerk was en dat die grootste geskenk is dat hy ons sonde op Hom geneem het. “Dit is iets wat nooit tussen al die musiek, geskenke en feesvieringe verlore moet raak nie. Daardie boodskap mag nie verdwyn nie,” verwys Prof Ferreira na die wete dat Jesus se geboorte en sterwe op aarde ons van ons sonde verlos het. “Dis so ‘n groot gebeurtenis en is soveel meer as net ‘n datum werd, dis die hele geskiedenis.”
Prof Stoker vertel dat die Ou testament voorspel het dat die Messias sal kom. “Die wyse manne was heidense priesters, ‘magicians’. Herders was daardie dae bekend as leuenaars. Met hierdie gebeurtenis het God hul storie herskryf,” Prof Stoker verduidelik dat almal se verhale in Jesus herskryf word.
“As enigiets die fokus wegvat van Christus se geboorte moet dit nie gebeur nie,” merk Prof Ferreira op. “Geskenke word op Oukersaand gegee sodat Kersdag slegs aan God gewy word.”
“Die aarde behoort aan die Here, so ook Kersbome en ander goed waarmee ons Kersfees vier. Kersfees is nie ‘n Heidense fees as jy dit reg vier nie,” noem Prof Stoker.
Prof Ferreira en Prof Stoker is dit eens dat die detail van jou Kersvieringe asook die oorsprong daarvan is nie belangrik nie. Beide Professors stem saam dat solank as wat Jesus se geboorte en menswording gevier word as middelpunt, vier jy Kersfees die regte manier.

Prof Ferreira en Prof Stoker is dit eens dat die detail van jou Kersvieringe asook die oorsprong daarvan is nie belangrik nie. Beide Professors stem saam dat solank as wat Jesus se geboorte en menswording gevier word as middelpunt, vier jy Kersfees die regte manier.



