Local newsNewsNews
Voetganger doodgery in Govan Mbeki-rylaan
'n Vragmotor het 'n man vanmiddag omstreeks 13:30 omgery. Die man het op die toneel aan sy beserings beswyk.
‘n Voetganger is deur ‘n vragmotor omgery omstreeks 13:30 in Govan Mbeki-rylaan in die rigting van Viljoenskroon vanmiddag (Donderdag, 14 Desember).
Die man, wat vermoedelik in sy laat twintigs is, het geen identifikasie by hom gehad nie.
Nooddienste op die toneel het tekens van lewe by die man gekry, maar was onsuksesvol om die man te stabiliseer. Hy is op die toneel aan sy beserings oorlede.
Polisie, Mooirivier Beskerming First Responder, ER24 en NWU EMS was op die toneel.
Een baan van die pad was vir forensiese ondersoek gesluit.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



