Local newsNewsNews
Leeuhart VLU gee om, Ons Hulde
Leeuhart VroueLandbou-unie gee kersgeskenke aan Ons Hulde inwoners.
Die Leeuhart Vroue Landbou Unie (VLU) het hul Omgee-projek op 4 Desember by Ons Hulde afgesluit. Die Leeuhart dames het 2023 gebruik om toiletware bymekaar te maak om aan Ons Hulde inwoners te skenk. Elke pakkie het tandepasta, ‘n tandeborsel, ‘n waslap, badseep, dames- of mans-spuitgoed, handeroom, sjampoe en conditioner bevat.

Voor: Matrone van Ons Hulde, Gerty Huyzers. Foto: Verskaf.
“Ons glo dit was ‘n welkome geskenk so in die Kersfeesmaand,” sê Belinda Fourie, van die Leeuhart tak.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



