Local newsNewsNews

Waarderingsdag vir Promosa Sekondêr onderwysers

Oud-leerders van Promosa Sekondêr het 'n waarderingsdag gehou vir onderwysers.

Promosa Sekondêr se 1996 Matriekklas het ‘n waarderingsdag op 2 Desember by die Fanie du Toit Sportgronde vir die Hoërskool se onderwysers gehou. Onderwysers en klasmaats het saamgebraai en gekuier.

Links-agter, vierde ry: Brian Christians, Janine Coetzee. Links, derde ry: Juf Gail Bent, Mr Richard Botes, Prof Neal Petersen, Fabian Jooste, Mr Freddy Cain, Sheryl Sauls, Lorraine Matlow. Links, tweede ry: Blanche Hogins. Jenny Snyman, Juf Kozyn, Mr Gorry. Links-voor, eerste ry: Cathleen Coetzee, Delmary Coetzee, Heidi Olivier, Mr Japie Fransman, Pastoor Leon Temanie. Foto: Verskaf.

“Onderwysers is onbesonge helde,” sê Cathleen Diederiks, ‘n 1996 matrikulant. “Almal onthou daardie een onderwyser of onderwyseres wat ‘n ongelooflike impak op hul lewens gemaak het. Of hulle jou gehelp het om ‘n passie uit te vind, deur ‘n moeilike jaar te kom, of bloot ‘n skouer gegee het om op te huil. Onderwysers werk onvermoeid om ons op te voed, te inspireer en te lei, en daarom wil ons as klas van 1996 net dankie sê aan ons onderwysers vir hul geduld, vriendelikheid en begrip. Dit het ons gehelp om te groei en sukses te behaal op maniere wat ons nooit gedink het moontlik was nie. Jul leiding en wysheid het nie net ons akademiese lewens gevorm nie, maar ook ons karakters as individuele mense. Jul toewyding en passie vir onderrig het ‘n positiewe impak op ons lewens gemaak. Ons is dankbaar vir die kennis en leiding wat elke onderwyser aan ons verskaf het deur ons skooljare.” het Diederiks gesê.

Links-agter, vierde ry: Trevor Maartins, Scotty Scorgie. Links, derde ry: Gert Dyers, Joe October, Janice Fortuin, Cathleen Coetzee, Theresilda Botha, Lulu Makaku. Links, tweede ry: Marlin Williams, Blanche Hogins, Bavern Naude, Sheryl Sauls. Links-voor, eerste ry: Heidi Olivier, Carol Naude, Brian Christians. Foto: Verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button