Poortjiedam steeds in haglike toestand
Poortjiedam is in 'n haglike toestand en inwoners is moedeloos.
Poortjiedam, wat soos ‘n spieël in die hart van Promosa lê, is steeds ‘n skokkende kombinasie van riool en vullis.

Soos DA raadslid Hans-Jurie Moolman voorheen aan Die Herald genoem het is Poortjiedam die enigste vorm van rekreasie in Promosa. Poortjiedam is egter onbegaanbaar weens riool wat in die dam in lek en rondom die dam moerasse vorm. ‘n Verdere probleem is vullis wat gestort word op verskeie plekke langs die dam. Onder andere, dra dooie diere, dier-uitskeiding, babadoeke, leë blikkieskos en vele meer by tot die besoedeling van die dam.

“Hulle sal iets drasties moet doen, want as die pomp stop, loop die riool oor,” verduidelik Annie Ruinick, inwoner in Promosa.
“In die afgelope paar weke is ‘n groot gewag gemaak van die skielike en sogenaamde diensleweringsfokus in sekere dele van die stad waaroor daar al maande oor gekla word,” sê Moolman.

Moolman verduidelik dat normale dienslewering opgehef word asof die gemeenskap ‘n guns gedoen word met dit waarop hulle van die begin af geregtig is. “As dit rerig gegaan het oor menswaardigheid en dienslewering moes die Poortjiedam eerste prioriteit gewees het. Daar is mense wat al ten minste vier jaar dag in en dag uit in die reuk van rou riool in hulle huise en leefareas moet saamleef.”
“Watter regdenkende mens kan toelaat dat inwoners in jou stad in sulke haaglike omstandighede te moet leef,” sluit Moolman af.
*Teen druktyd het die munisipaliteit steeds op die toestand van die Poortjiedam nie gereaggeer nie



