Oud-Volkie verteenwoordig Potch, SA internasionaal
Miss Tourism SA 2023, Anchané Pretorius, is tans in China om Potchefstroom en Suid-Afrika te representeer.
Anchané Pretorius (24) ‘n oud-Volkie is in China om Suid-Afrika as Miss Tourism World te verteenwoording. Sy is tans Miss Tourism World, Suid-Afrika 2023.

Die kompetise vind 10-23 Desember plaas in Quanzhou, Fijuan Provinsie, China. Afgevaardigdes vanaf 63 lande gaan aan die finaal deelneem wat op 22 Desember plaasvind.
Anchané is ‘n model by JannyDjan Models, wat haar met voorbereidings vir die kompetisie gehelp het. Jose de Canha het Anchané se klere vir die kompetisie ontwerp en gemaak.
“Anchané is nie net ‘n skoonheidskoningin nie,” sê Janet Potgieter van JannyDjan Models. “Sy is ‘n ervare model wat vir top-ontwerpers in beide Suid-Afrika en Botswana geloop het. Sy is ook ‘n fiksheidsverslaafde.”
“Sy is beeldskoon binne en buite,” sê Potgieter verder. “Ons wens haar voorspoed toe waar sy Potchefstroom en Suid-Afrika in China gaan verteenwoordig.”
Na afloop van die kompetisie sal Anchané na Potchefstroom terugkeer.



