Local newsNewsNews

Liggiefees die plek om te wees

Liggiefees het nog een optrede oor, moet dit nie misloop nie.

Die bekende en gewilde Afrikaanse sanger, Leah, gaan die laaste optrede by Liggiefees aanbied. Die optrede vind 23 Desember plaas en is iets wat beslis nie misgeloop moet word nie.

Lize-mari, Élin en Xandri glimlag oor ‘n teekoppie.

As jy in Potchefstroom bly vir die Kers-seisoen, of familie kom jou besoek is die Liggiefees die perfekte plek om te kuier en die kersfees-gees te ervaar.

Gretha Bouwer en Christel de Bruyn het die Kersvader aanvanklik gesien as ‘n persoon en lekker gelag toe hul besef dat dit ‘n pop is.

En dan natuurlik, as jy nog nie jou kers-inkopies gedoen het of steeds nie weet wat om vir jou gesin te koop nie is die Kersmark ‘n perfekte plek om rond te kyk.

Denen Botha, Jolene Botha en Miane Delport.

So besoek die Liggiefees en moet nie die liggies misloop nie.

Ruan en Marissa van Heerden by Liggiefees se bekende bome.
Jandré Froneman hang aan die Muscle Man, aangebied deur Claude van Dyk. Die langste tyd wat iemand gehang het hier is 2 minute 30 sekondes.
Die klomp maats was baie beïndruk met die Monster-trok.
Charlene Havenga is op toer deur die Liggiefees-terrein.
Elisna en Bennie Coetsee en Thys en Anandi saam hul seun klein Thys het van Sasolburg af gery om Riaan Benadé te sien optree.
Pa Juandre Botha en Thealise beleef ‘n sneeustorm.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button