Local newsNewsNews

PAWS lê klag nadat dooie honde op erf gevind is

Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) het ‘n klag van dieremishandeling aanhangig gemaak nadat drie dooie honde op die perseel van ‘n huis in Francoisstraat gevind is.

Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) het ‘n klag van dieremishandeling aanhangig gemaak nadat drie dooie honde op die perseel van ‘n huis in Francoisstraat gevind is.

PAWS het Woensdag, 6 Desember klagtes van dieremishandeling ontvang en gaan ondersoek instel. Bure het ‘n erge stank geruik en opgemerk dat dooie honde in die erf gelê het. Drie babahonde is in ‘n swartsak op die perseel gevind.

Een van die babahonde wat op die perseel gekry is wat alreeds met maaiers oortrek.

Die vermoede is dat die honde weens ‘n gebrek aan voeding gesterf het. Daar is tans nog vier honde op die perseel met PAWS wat daagliks ondersoek instel om die honde se welstand te monitor.

Volgens Theo Koekemoer, bestuurder van PAWS, word daar toegesien dat die die honde daagliks kos en water kry.

“Ons het die eienaar genader om die honde vir sterilisasie te bring, maar dit het nog nie gebeur nie. Ons het aansoek gedoen vir ‘n hofbevel om die honde van die perseel te verwyder, maar wag nog dat dit toegestaan word.”

Volgens NW polisiewoordvoerder, kapt Aafje Botma, is daar nog niemand amptelik aangekla nie, maar sy het bevestig dat ‘n saak oopgemaak is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button