Local newsNewsNews

PAWS vang jakkals in Bailliepark

Volgens René Jordaan, eienaar van die Griffin Diere Rehabilitasiesentrum, sterk die jakkals goed aan ten spyte van die feit dat die jakkals oortrek van die bosluise was.

‘n Jakkals wat gister (Woensdag, 24 Januarie) in Bailliepark opgemerk is, is danksy spoedige werk van Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) nou veilig by die Griffin Diere Rehabilitasiesentrum buite Potchefstroom.

Charlene Havenga, ‘n verkoopskonsultant by die Potchefstroom Herald, het ‘n foto van die jakkals in Steynstraat op sosiale media geplaas.

Hierdie jakkals is in Steynstraat in Bailliepark op Woensdag, 24 Januarie opgemerk. Foto: Charlene Havenga

Kort daarna is PAWS van die jakkals ingelig. Sam Manjo en Isaac, twee werkers van PAWS, het haar gevang. Sy is daarna na die Griffin Diere Rehabilitasiesentrum geneem.

Volgens René Jordaan, eienaar van die Griffin Diere Rehabilitasiesentrum, sterk die jakkals goed aan ten spyte van die feit dat die jakkals oortrek van die bosluise was.

“Sy moet nou vir die volgende 2-3 weke gewig optel en aansterk voordat ons haar op ‘n veilige area kan vrylaat,” verduidelik Jordaan.

Die jakkals nadat PAWS haar gistermiddag gevang het.

Sy noem verder dat hierdie jakkals ongewoon mak was en dat dit voorkom of mense die jakkals vir ‘n tydperk in die dorp aangehou het.

“Hierdie jakkals stel belang in hondekos en dit is gewoonlik nie die geval nie, hulle sal gewoonlik hul neuse optrek. Dit is belangrik dat mense nie wilde diere soos jakkalse aanhou nie en eerder moet laat rehabiliteer sodat hulle terug in die wild kan gaan,” meen Jordaan.

PAWS en Jordaan werk al ‘n geruime tyd saam om wilde diere te rehabiliteer. Dit sluit in verskeie diere soos uile, muishonde ensovoorts in.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button