CommunityLocal newsNewsNewsRegional NewsSportSport

Potchefstroom gimnaste blitsend op ‘gym games’ nasionale kampioenskappe

Potchefstroom se ritmiese gimnaste het uitmuntende prestasies behaal by die 'Gym Games' Nasionale Kampioenskappe.

Die ritmiese gimnaste van Potchefstroom het onlangs ‘n uitmuntende vertoning gelewer by die Gym Games Nasionale Gimnastiek Kampioenskappe. In verskeie ouderdomsgroepe en vlakke het die gimnaste hul talent en toewyding aan die sport getoon, wat nie net hul vaardighede wys nie, maar ook die uitstekende opleiding wat hulle ontvang, weerspieël.

In die Vlak 5 o13 afdeling het Mejanke Badenhorst ‘n briljante 3de plek behaal vir haar Freedance, terwyl Isabella Dreyer in die Vlak 5 o14 afdeling die 2de plek verwerf het vir haar Freedance. Beide het die gehoor beïndruk met hul pragtige uitgevoerde roetines. In Vlak 6 het die jong gimnaste van Potchefstroom nie agtergebly nie. Lillieke Hill het die eerste plek vir haar balroetine in die o11 afdeling ingepalm, terwyl Annika Odendaal in die Vlak 6 o13 afdeling ‘n indrukwekkende 2de plek vir haar balroetine behaal het. Leyla Smith, wat in die Vlak 6 o12 afdeling deelgeneem het, het nie net die 1ste plek vir Freedance behaal nie, maar ook ‘n 2de plek vir haar balroetine en het met ‘n algehele 3de plek in Suid-Afrika weg gestap. In die kompetisie vir die hoër vlakke het Ilana de Jager, wat in die HP3 (High Performance 3) program deelgeneem het, ‘n fenomenale prestasie gelewer.

Vanaf regs na links: Niecke vd Merwe (Junior Olimpies), Dane Badenhorst (Senior Olimpies), Haylee de Jager (Junior Olimpies) al 3 gekies vir die Suid-Afrikaanse span.

Sy het die 1ste plek vir Freedance, die 1ste plek vir Tou, die 1ste plek vir Clubs en algeheel die 1ste plek verwerf. Haar indrukwekkende vertoning het haar as een van die top gimnaste in haar kategorie bevestig. Dané Badenhorst, wat in die Senior Olimpiese afdeling deelgeneem het, behaal ‘n algehele 4de plek en dring deur na die finaal waar sy ‘n fantastiese 1ste plek vir haar Clubs roetine behaal het. Haar volharding en prestasies het haar as een van die top gimnaste in haar ouderdomsgroep gevestig.

Die naweek was ook ‘n hoogtepunt vir Potchefstroom se gimnaste wat gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Region 5-kompetisie wat in Desember in die buiteland sal plaasvind. Dané Badenhorst (Senior Olimpiese), Haylee de Jager (Junior Olimpiese) en Niecke van der Merwe (Junior Olimpiese) het die eer gekry om die land te verteenwoordig. Hierdie prestasie is ‘n groot erkenning van hul talent en die harde werk wat hulle in die sport belê het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Jade Sateria

I am Jade Sateria, a seasoned journalist with expertise in investigative reporting, feature writing, and multimedia storytelling. My skills include in-depth research, compelling narrative creation, and data analysis. I have 6 years of experience in journalism, social media marketing and developing communications paradigm.

Related Articles

Back to top button