Local newsNewsNews

Ouma deur buurvrou se boerboel aangeval

Antoinette kon dit regkry om haarself in haar motorhuis toe te maak en ‘n vriend te bel vir hulp.

‘n Ouma is op 10 April wreed deur haar buurvrou se boerboel in Grimbeekstraat aangeval.

Antoinette Botes het op die dag van die voorval haar huishulp by Modderdam gaan optel en by die Hospitaal afgelaai. Nadat sy haar motor by haar erf ingetrek het, het sy ‘n geraas buite in die straat gehoor.

“Ek het gaan kyk en gesien my buurvrou se hek staan oop. Daar het twee mans by haar hek gestaan. Ek het terug in die huis ingegaan om my selfoon te kry en het haar gebel. Terwyl ek die hek staan en dophou het, het ek gesien hoe sy besig is om haar kar uit te trek.”

Antoinette het uitgegaan om met die buurvrou te praat wat haar ingelig het die hond het uitgekom.

“Die hond was ‘n paar huise verder af in die straat en ek het vir haar gesê om die hond te roep voordat hy iemand byt. Met die wat sy die hond geroep het, het hy ‘n vinnige u-draai gemaak en op my begin afstorm.”

Die buurvrou het glo vir Antoinette geskree om in haar erf in te gaan, maar voordat sy heeltemal in haar erf kon wees, het die hond haar bespring en aangeval.

Sy is in haar gesig en aan haar arm gebyt.

Antoinette kon dit regkry om haarself in haar motorhuis toe te maak en ‘n vriend te bel vir hulp. Volgens Antoinette het haar die vriend, Duane Kirsten, daar opdaag, en aangedring daarop dat die hond van kant gemaak moet word.

“Die buurvrou het geweier dat die hond geskiet word en dit het hulle ongeveer 30 minute gevat om die hond te vang en uit my erf te verwyder. Dit is eers wat ek kon hospitaal toe gaan.”

Sy is by MediClinic se ongevalle opgeneem en van daar af na ‘n plastiese chirurg, Dr. Rodrigues by Tshepong Hospitaal verwys.

“Ek is so dankbaar vir Duane wat my kom help het en vir Mediclinic se personeel, sowel as Dr. Rodrigues. Ek kan nie dink hoe my gesig sou gelyk het nie.”

Antoinette vertel die hond is steeds op haar buurvrou se erf en elke keer wat sy hom sien, raak sy vreesbevange.

“Ek het ‘n saak by die polisie oopgemaak en hulle het gesê hulle sal dit verder neem. Al wat nou vir my bitter hartseer is, is dat ek van my kleinkind weerhou word omdat daardie hek gereeld oopgestaan het en niemand wil die kans vat dat die hond weer iemand byt nie.”

Antoinette moes ook self haar mediesekostes van om en by R12 000 dra.

Antoinette nadat die chirurg n haar gesig gewerk het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button