NewsNews

Wat verbruikers moet weet oor verskeie motors wat herroep is

As jy 'n Chevrolet, Cruze, Aveo, Orlando, of 'n Goldwing motorfiets het lees meer oor dié modelle wat herroep word.

Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) doen hiermee ’n belangrike aankondiging oor die terugroep van sekere Chevrolet-modelle (Cruze, Aveo en Orlando) sowel as Honda Goldwing-motorfietse.


Herroep van Chevrolet – Cruze, Aveo en Orlando

Stellantis South Africa (Edms.) Bpk. het die NVK in kennis gestel dat hulle die Chevrolet Aveo, Cruze en Orlando gaan terugroep as gevolg van ’n defektiewe dryfmiddel binne die bestuurder-lugsak. Volgens die verskaffer kan die dryfmiddel in die bestuurder-lugsak oor tyd verander, wat kan veroorsaak dat dit vinniger as bedoel gas vrystel wanneer die lugsak-ontploffer tydens ’n botsing geaktiveer word.

Hierdie voertuie is tussen 2010 en 2018 landswyd beskikbaar gestel.

Verbruikers word versoek om hul naaste gemagtigde handelaar te besoek vir die herstel of vervanging van die betrokke lugsak.


Herroep van Honda Goldwing-motorfietse

Honda Motor Southern Africa het die NVK in kennis gestel dat sekere Goldwing-motorfietsmodelle wat tussen 2018 en 2021 versprei is, teruggeroep word. Die betrokke modelle sluit in: GL1800B, GL1800BD, GL1800D en GL1800DA.

Die probleem spruit uit ’n bout wat die primêre aandrywingrat vasmaak. Volgens die verskaffer “hou dit die risiko in dat die enjin onverwags tydens ry kan vasslaan en nie weer kan aanskakel nie. In die ergste geval kan dit die enjin laat vasslaan en die agterwiel sluit, wat die risiko van val verhoog.”

Verbruikers word versoek om hul naaste Honda-handelaar te besoek vir die vervanging van die defektiewe bout.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button