Local newsNewsNews

Bek-en-klouseer in die Noordwes bevestig

Enige vermoedelike geval van bek-en-klouseer (BK) in vatbare diere moet onmiddellik by die plaaslike staatsveearts aangemeld word.

Die Noordwes Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het ‘n uitbraak van Bek-en-Klouseer in die Dr. Kenneth Kaunda-distrik, spesifiek in die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit, bevestig.

“In die eerste voorval is die Departement gewaarsku deur ‘n veearts wat ‘n plaas besoek het en verdagte tekens gesien het. Die Staatsveearts het monsters gaan neem, wat na die Onderstepoort Veeartsenykundige Instituut (OVI) gestuur is om vir die siekte te toets,” het Emelda Setlhako, departementele woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

“Nog ‘n voorval is by ‘n slagpale in Madibeng opgespoor. Die kliniese tekens van die aangetaste diere is tydens die voordoodse inspeksie gemis, maar is tydens die vleis-inspeksieproses op die slaglyn gesien. Weefselmonsters is na die laboratorium gestuur en die resultate het teruggekom wat beide SAT 2- en SAT 3-tipes van die virus bevestig.”

Die ongeslagte diere is terug na die plaas van oorsprong, ‘n voerkraal in Ventersdorp, deur middel van ‘n Rooi Kruis-permit, geneem. Beide plase wat met die uitbreking verband hou, is onder kwarantyn geplaas, wat die beweging van diere en diereprodukte verbied.

“Die Departement het al die plase geïdentifiseer wat met die Gauteng-uitbraak verband hou en word vir toetsing gemonitor om te bevestig of hulle positief is of nie. Al sulke plase is ook onder voorsorgkwarantyn geplaas totdat die toetsuitslae terug is.”

Enige vermoedelike geval van bek-en-klouseer (BK) in vatbare diere moet onmiddellik by die plaaslike staatsveearts aangemeld word. BK affekteer beeste, varke, skape, bokke en ander gesplete hoefdiere (mak en wild). Die belangrikste kliniese kenmerke van die siekte sluit in koors, kreupelheid en die voorkoms van blasies en sere in die bek, voete en spene.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button