Local newsNewsNews
Juweliersware tydens huisbraak in Kampstraat gebuit
Die polisie ondersoek 'n saak van huisbraak wat in Kampstraat gebeur het.

Daar was op 21 Junie ‘n huisbraak in Kampstraat wat gerapporteer is.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, is die diefwering by die huis se hoofslaapkamer gebreek deur diewe om toegang tot die huis te kry.
Daar is verskeie elektroniese toebehore, klere en juweliersware gesteel. Die polisie is in kennis gestel waarna hulle die toneel en ondersoek oorgeneem het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



