Local newsNewsNews

Konsentrasiekampdag met boodskap van hoop herdenk

AfriForum Potchefstroom herdenk Konsentrasiekampdag met ’n boodskap van hoop en eerbetoon aan kampslagoffers.

Die AfriForum-tak in Potchefstroom het, op 16 Junie, Konsentrasiekampdag by die plaaslike konsentrasiekampterrein herdenk. Ongeveer 50 mense, insluitend jong kinders, het die koue getrotseer om die slagoffers van konsentrasiekampe te onthou.

 

Ds. Ockie Cilliers het ’n treffende opening met Skriflesing en gebed waargeneem en benadruk dat ons altyd hoop moet hê. ’n Bestuurslid van AfriForum se Potchefstroom-tak, Gideon Wentink, het die destydse toespraak wat deur president M.T Steyn gelewer is met die onthulling van die Vrouemonument in Bloemfontein, ook treffend voorgelees.

 

Kranse wat deur die Potchefstroom-tak en plaaslike inwoners geskenk is, is deur die kinders wat teenwoordig was, by die gedenkteken gelê. Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, het ’n voorlesing gedoen uit Brandoffer, ’n boek deur Dolf van Niekerk wat die ellende in die konsentrasiekampe beskryf.

 

“Hierdie geleentheid is elke jaar ’n hoogtepunt op die kalender. Wat vanjaar veral uitgestaan het, is dat ons te midde van swaarkry, soos in die konsentrasiekampe, hoop kan hê, want ons dien steeds dieselfde God wat die Afrikaner destyds uit die as uit opgetel het,” sê Pretorius.

 

Die AfriForum-tak bedank graag elke persoon wat saamgekom het om hierdie belangrike dag te onthou, asook elkeen wat een of ander bydrae tot die program gelewer het. Die tak bedank graag ook AfriForum Jeug, wat verversings bedien het, asook die takvoorsitter, Douglas Bourn, wat die program gelei het.

 

Raak vandag nog by Potchefstroom se AfriForum-tak en -buurtwag betrokke en help om jou omgewing veilig te hou. Kontak Bourn by 083 232 1020 om by die tak aan te sluit en Cornelia Blignaut by 073 390 4133 om by die buurtwag aan te sluit.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button