Local newsNewsNews

Polisie vra hulp om bejaarde vrou op te spoor

Die vermiste ouma ly aan Alzheimersiekte.

Die polisie versoek die gemeenskap se hulp om ‘n vermiste bejaarde vrou, Tlhomphego Juliet Mokoka (85), van Huis nr. 10036, Vaalrivier-afdeling, Sesobe Village in Madikwe buite Rustenburg op te spoor.

Volgens inligting is sy laas Sondag 29 Junie 2025 deur haar kleinkind gesien.

Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê ‘n soektog is met die hulp van die Plaaslike Gemeenskapspolisieforum (GPF) en Tradisionele Raadslede rondom die Dwarsberg-polisiegebied uitgevoer en alle leidrade is opgevolg, maar dit het nie positiewe resultate opgelewer nie.

“Ten tyde van haar verdwyning het sy ‘n bruin romp, bruin trui, bruin plat skoene en pienk mus aangehad. Sy is donkerbruin van gelaat, ongeveer 1,2 m lank, swart hare en weeg 68 kg. Die vermiste ouma ly aan Alzheimersiekte.”

Enigiemand met inligting oor waar sy haarself bevind, word versoek om die ondersoekbeampte, sersant Kelefilwe Simon by 071 251 0200 te kontak. Alternatief kan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Misdaadstopnommer: 08600 10111 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button