SportSport

“Wen of verloor ons moet in die regte rigting gaan”

Die Luiperds se waarnemende hoofafrigter, Riaan van Straten voel dat die Noordwesters besig is om in die regte rigting in te beweeg.

“Dit is ‘n bou-proses, elke tree wat ons gee moet in ide regte rigting wees, of ons nou wen of verloor,” het Riaan van Straten, waarnemende hoofafrigter van die Luiperds verduidelik.

Dit nadat die Luipies die afgelope naweek, 28 Junie, op tuisbodem met 21-34 teen die OP verloor het. Op ‘n kol was die telling 21-29, maar die Noordwesters kon net nie deur die Olifante se verdediging kom nie.

“Ek gee dit vir die OP hulle het goed verdedig en hulle huiswerk goed gedoen,” het hy gesê.

Volgens hom moet hulle perspektief hou, oor waar die Luiperds hulleself bevind.

“Dit is ‘n bou-proses. Ons vaste fasette het baie beter gelyk maar ons was nie heeltemal skerp genoeg by die afbreekpunte gewees nie. So ons sal aandag daaraan gee in die week se voorbereiding. As ons na die groter prentjie kyk het ons in die SA beker groot tellings teen ons gekry. Ons is dalk nog nie aan die wen kant nie, maar die manne veg hard,” het hy gesê.

Die Luiperds speel komende naweek teen die Griffons weer op Olenpark.

Volgens Van Straten gaan dit nie maklik wees nie, aangesien die Griffons saam met die Valke die sterkste spanne in die Curriebeker Eerste afdeling is.

“Ons het ‘n paar beserings so ons is maar dun. Die ouens wat nou op die veld gaan, is die ouens wat die werk wil doen,” het hy gesê.

Die wedstryd tussen die Luiperds en die Griffons skop om 15:00 op Olenpark af.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button