Local newsNewsNews

Plundering groot bekommernis in Promosa

Die stroopery het almal wat dit gesien het, negatief beïnvloed.

Promosa en omliggende uitbreidings was op 2 Julie die toneel van wydverspreide plundering, met verskeie tuckshops en plaaslike winkels wat geteiken is. Getuies meld dat mense enigiets gebruik het om toegang tot winkels te verkry. Verskeie kruideniersware is uit die winkels gedra, tot ontsteltenis van die gemeenskap.

“Die stroopery het almal wat dit gesien het, negatief beïnvloed, enige iets kon verkeerd geloop het,” sê ‘n gemeenskap leier Frans Peppes. Daar is ook kommer uitgespreek dat vorige onrus, waar buitelanders geviktimiseer is, moontlik weer kan opvlam.

“Dis juis buitelanders wat dikwels onwettige kragtoevoer verbindings het,” voeg hy by. “Maar die grootste probleem is die leë beloftes van dienslewering deur die JB Marks Munisipale Bestuur.”

Hoewel die polisie sigbaar was tydens die voorvalle, kon hulle nie oral tegelyk wees nie. “Hulle het egter vinnig opgetree en die situasie onder beheer gekry,” sê Peppes.

Ondanks die onrus, gaan die gemeenskapslewe aan. “Ons koop steeds brood en noodsaaklikhede soos gewoonlik,” sê hy. Hy beklemtoon egter dat inwoners al hoe meer gefrustreerd raak met die swak dienslewering. “Die munisipaliteit moet net begin doen wat hulle veronderstel is om te doen,” sê hy.

Besigheidseienaars, veral in die vervoerbedryf, is ook swaar getref. “Huurmotor-eienaars het erg daaronder deurgeloop,” word berig, “maar baie sê nie veel daaroor nie.”

‘n Inwoner, wat nie aan enige organisasie behoort nie, beskryf homself as ’n wetgehoorsame burger en bekommerde lid van die Promosa-gemeenskap. “Ek het gesien wat gebeur het, maar het eerder op ’n veilige afstand gebly. Geen munisipale beamptes was op die toneel nie,” sluit hy af.

Nog ‘n gemeenskapsleier, Glenville Boeta Fransman, het sy kommer uitgespreek oor die onrus wat onlangs in die gebied uitgebreek het.

Hoewel Fransman self nie op die toneel van die plundering was nie, het hy video’s van die gebeure ontvang en talle oproepe van bekommerde inwoners gekry.

“Dit is nogsteeds ’n bekommernis vir my, want die polisie was baie op en af in die gemeenskap, maar iets móét gebeur,” het hy gesê.

Volgens Fransman is die plundering voorafgegaan deur waarskuwings aan besighede om hul deure toe te hou. In een voorval het inwoners self ingegryp en mense weggejaag wat by ’n drankwinkel wou plunder. Hy sê ook dat daar ernstige dreigemente gemaak is deur sommige van die betrokke individue, wat aangedui het dat hulle weer sal toeslaan indien hul eise nie gehoor word nie.

“Die redes vir hierdie optrede is uiteenlopend,” verduidelik Fransman.

“Van kragprobleme tot swak dienslewering, maar om net te praat gaan nie help nie ons moet bymekaar kom en die regte goed doen.”

Plaaslike owerhede het nog nie kommentaar gelewer op die voorvalle of die gemeenskap se versoeke nie. Intussen hoop inwoners dat vreedsame oplossings gevind kan word voordat die situasie verder eskaleer.

 

Kyk die video hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button