Local newsNewsNews

Vrae oor Amelia se subsidie gesny word

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het Amelia Nasorgsentrum se subsidie met sowat 60% verminder weens 'n kleiner begroting. Die sentrum bevraagteken die drastiese sny, veral omdat die betrokke sub-program slegs met 0.23% gesny is.

Die rede wat die departement van maatskaplike ontwikkeling gee oor die besluit om Amelia nasorgsentrum se subsidie met ongeveer 60% te sny is dat die department se begroting ook gesny is.

Werner Nel, lid van die beheerraad van Amelia, het die department se antwoord met die Herald gedel. Die Herlad het ook by die department navraag gedoen maar geen reaksie ontvang nie.

Die waarnemende hoof van die departement, Mhlongo Kgaboesele het in ‘n brief aan Amelia verduidelik dat die sub-program vir dienste aan persone met gesmtremdhede met 0.23% gesny is.

“Dit het gelei na begroting aanpassings vir organisasies wat vir befondsing in 2025/26 aansoek gedoen het. Die beperkte hulpbronne moes tussen alle organisasies wat aansoek gedoen het gedeel word. Al die aansoeke is as nuwe aansoeke oorweeg, en die departement het meer aansoeke gekry as wat dit gewoonlik doen,” het Kgaboesele in ‘n brief aan Amelia verduidelik.

“Hulle begroting is 0.23% minder maar maak ons s’n 60% minder wat nie sin maak nie,” het Nel oor die besluit gesê.

Die department het uitgewys dat die befondsing is afhanklik van die beskikbaarheid van die fondse in die department se begroting.

“Klousule 7.3 van die diensooreenkoms lees dat organisasies befondsing van ander oorde ook sal kry sodat die organisasies hulleself kan onderhou en afhanklik is van departementele befondsing nie,” lui die brief.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button