Local newsNewsNews
Potch Dorp wys hart vir Huis Hebron
Potchefstroom Dorp Rugby-klub het Huis Hebron ondersteun met 'n skenking van komberse, klere, rugbyballe en fondsinsameling vanaf hul wedstryd teen Matlosana. ’n Ware voorbeeld van sport en gemeenskapsgees in aksie.
Potchefstroom Dorp Rugby-klub het op 16 Julie, hulle hart vir die gemeenskap gewys.
Die klub het komberse, klere en natuurlik rugby balle aan Huis Hebron oorhandig.
Volgens Ferdi Joubert, onder voorsitter van die klub, is daar ook geld aan die organisasie oorhandig.
“Ons het op 5 Julie, ‘n tuis wedstryd teen Matlosana gespeel waar al die hekgelde wat op die dag ingesamel is ook aan Huis Hebron oorhandig is,” het Joubert gesê.
Potch Dorp speel komende naweek, op 19 Julie teen Impala in Rustenburg. Dorp is vierde op die punteleer, as hulle ‘n bonuspunt wen teen Impala kan deurtrek sal hulle na derde toe skuif.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



