CrimeLocal newsNews

Ikageng-polisielid in hegtenis na wapen fiasko

Agt verdagtes en een polisielid is in hegtenis geneem nadat 'n man in Promosa vermoor is.

Sersant Myka Constance Shale (46) is Woensdag, 23 Julie in hegtenis geneem nadat sy glo nie ‘n vuurwapen, wat as bewysstuk in ‘n moordsaak kon dien, ingedien het nie.

Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê die beskuldigde, wat verbonde is aan Misdaadintelligensie-insameling eenheid (CIG), is by haar huis in Ikageng in hegtenis geneem.

“Na bewering het Shale met ‘n informant vergader, wat glo ‘n vuurwapen aan haar oorhandig het wat op die moordtoneel van Wilfred Casper (38) opgetel is. Die moord is op Saterdag, 12 Julie in Marikana by Promosa, naby Potchefstroom, aangemeld. Nadat sy die vuurwapen ontvang het, is dit egter nooit deur haar ingehandig of verklaar nie.”

Casper is met veelvuldige steekwonde en ander beserings gevind. Hy is op die toneel deur nooddienste dood verklaar en binne vyf dae het Ikageng-speurders agt verdagtes tussen die ouderdomme van 27 en 35 vir sy moord in hegtenis geneem. Daar word beweer dat hulle almal lede van die SVK-bende is.

Die agt het op Donderdag, 17 Julie in die Potchefstroom-landdroshof verskyn vir moord en is in aanhouding gehou tot hul tweede en derde hofverskynings in dieselfde hof op Donderdag, 24 Julie  en Vrydag, 25 Julie vir borgtogaansoek.

Na aanleiding van die ondersoek is Shale in hegtenis geneem. Sy het in die Potchefstroom-landdroshof op aanklag van regsverydeling verskyn en is borgtog van R4 000 toegestaan.

Sy sal na verwagting weer op Maandag, 6 Oktober voor dieselfde hof verskyn.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button