Twee mans beseer in vroeë-oggend bakleiery in Steve Biko-straat
Twee mans is na ‘n gewelddadige voorval in Steve Biko-straat op 27 Julie hospitaal toe geneem. Een is met steekwonde gevind, terwyl nog ‘n beseerde man later opgespoor is. ’n Verdagte is reeds vasgetrek.

Twee mans is in die vroeë-oggend ure van 27 Julie hospitaal toe na ‘n bakleiery in Steve Biko-straat.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, is ‘n man met verskeie steekwonde in Steve Biko straat gevind. Die man het twee snye op sy kop en een op sy oor gehad. ‘n Ambulans is ontbied om hom hospitaal toe te neem. Die verdagte wat glo die man met ‘n skerp voorwerp gesteek het, is deur reaksie beamptes vasgetrek.
Die polisie is ontbied om die saak verder te hanteer. Met ondersoek is inligting ontvang dat daar nog ‘n man ook met sny wonde is. Die man is agter op ‘n vriend se bakkie, waarna die vriend hom hospitaal toe geneem het.



