Local newsNewsNews

Duisende ondersteun Tlokwe en Ventersdorp egskeiding

Meer as 12 000 inwoners van Potchefstroom het hul stem laat hoor om JB Marks terug na die voormalige, Tlokwe en Ventersdorp munisipaliteite te laat ontbind. Inwoners het in slegs 'n week en 'n half week die aantal petisies geteken.

In ‘n vertoning van burgerlike eenheid en aksie, het die gemeenskap van Potchefstroom in ongeveer ‘n week en ‘n half 12 188 geldige petisies teen die samesmelting bymekaar gemaak.

Die petisies, wat die ontbinding van die JB Marks munisipaliteit terug na die voormalige, Tlokwe en Ventersdorp munisipaliteite ondersteun, sal op 7 Augustus aan die Munisipale Afbakeningsraad (MDB) oorhandig word.

Hierdie inisiatief is deur gemeenskapsleiers, politieke partye, skole, sake leiers en burgerorganisasies onderneem. Die aanlyn petisie en toegewyde e-poskanaal is nou gesluit, maar die gemeenskap se kollektiewe stem bly luid en duidelik.

Volgens Willem Mostert, die petisie koordineerder, is hierdie syfer van 12 188 individuele inskrywings merkwaardig as dit vergelyk word met minder as 52 000 geldige stemme wat in verlede jaar se munisipale verkiesing getel is. Dit is sowat 24% van die geldige stemme wat in die laaste munisipale verkiesing was.

“Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie totaal nie die Ventersdorp-gemeenskap insluit nie, wat ‘n afsonderlike proses by die afbakeningsraad volg,” het Mostert gesê.

Een van die hoofredes vir die petisie is die gebrek aan toeganklike openbare deelname tydens die aanvanklike besluitnemingsproses. Geen openbare vergaderings is gehou waar die meerderheid van inwoners werklik kon deelneem nie, en dit het tot grootskaalse ontevredenheid gelei.

“Openbare deelname is nie net ‘n beginsel nie dit is ‘n vereiste wat vervat is in ons Grondwet. Wanneer besluite geneem word wat duisende mense raak, moet daar voldoende geleentheid wees vir insette,” het Hans Jurie Moolman in ‘n brief aan die MDB gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button