Vier mans is Sondagoggend omstreeks 06:00 in hegtenis geneem vir beweerde stropery nadat ongeveer 200 visse en toerusting wat vermoedelik vir stropery gebruik kan word in die vier se besit gevind is.
Volgens CB sekuriteit het twee van hulle gewapende reaksie-lede inligting opgevolg dat daar ‘n groep stropers vanaf Viljoenskroon na Potchefstroom op pad is. Die beamptes het die voertuig gesien waarna hulle dit na die polisie stasie begelei het.
Slegs die bestuurder het ‘n Zimbabwiese identifikasie en Suid Afrikaanse burgerskap gehad. Die ander drie verdagtes is na bewering onwettige immigrante, hulle kon geen identifikasie toon nie.
Die polisie het al vier mans in hegtenis geneem.



